25. Dawid en die oudstes van Israel en die owerstes oor duisend het toe gegaan om die verbondsark van die Here met vreugde uit die huis van Obed-Edom te gaan haal.
26. En terwyl God die Leviete help wat die verbondsark van die Here dra, het hulle sewe bulle en sewe ramme geoffer.
27. En Dawid het ’n mantel van fyn linne aangehad, ook al die Leviete wat die ark gedra het, en die sangers en Kenánja, die owerste oor die voordrag van die sangers; en Dawid het ’n linneskouerkleed aangehad.
28. En die hele Israel het die verbondsark van die Here gaan haal met gejuig en basuingeklank en met trompette en simbale, onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters.