1 Kronieke 15:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN hy het vir hom huise gebou in die stad van Dawid, en ’n plek reggemaak vir die ark van God en daarvoor ’n tent opgeslaan.

2. Toe sê Dawid: Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete; want die Here het hulle uitverkies om die ark van God te dra en om Hom tot in ewigheid te dien.

3. En Dawid het die hele Israel in Jerusalem versamel om die ark van die Here te bring na sy plek wat hy daarvoor reggemaak het.

4. En Dawid het die seuns van Aäron en die Leviete versamel:

5. van die seuns van Kehat: Úriël, die owerste, en sy broers, honderd-en-twintig;

6. van die seuns van Merári: Asája, die owerste, en sy broers, tweehonderd-en-twintig;

7. van die seuns van Gersom: Joël, die owerste, en sy broers, honderd-en-dertig;

1 Kronieke 15