1 Kronieke 12:28-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. en Sadok, ’n jongman, ’n dapper held, met sy familie: twee-en-twintig owerstes;

29. en van die seuns van Benjamin, die broers van Saul, drieduisend: want die meeste van hulle het tot nog toe aan die huis van Saul getrou gebly;

30. en van die seuns van Efraim, twintigduisend-agthonderd, dapper helde, manne van naam in hulle families;

31. en van die halwe stam van Manasse agttienduisend wat met hulle naam aangewys was om Dawid koning te gaan maak;

32. en van die seuns van Íssaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen; hulle hoofde was tweehonderd, en al hulle broers onder hulle bevel;

33. van Sébulon wat op kommando moet uittrek, toegerus vir oorlog met allerhande krygswapens, vyftigduisend aaneengesluit, en nie met ’n dubbele hart nie;

34. en van Náftali duisend owerstes, en saam met hulle sewen-en-dertigduisend met skild en spies;

35. en van die Daniete, toegerus vir oorlog, agt-en-twintigduisend-seshonderd;

36. en van Aser wat op kommando moet uittrek om hulle in slagorde op te stel, veertigduisend;

37. en van oorkant die Jordaan af, van die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, honderd-en-twintigduisend met allerhande wapens vir krygsdiens.

38. Al hierdie krygsmanne het, in slagorde aaneengesluit, met ’n onverdeelde hart na Hebron gekom om Dawid koning te maak oor die hele Israel; en ook al die orige Israeliete was een van hart om Dawid koning te maak.

1 Kronieke 12