19. Ook uit Manasse het sommige oorgeloop na Dawid toe hy saam met die Filistyne gekom het om teen Saul te veg, maar sonder om hulle te help; want met oorleg het die vorste van die Filistyne hom weggestuur en gesê: Ten koste van ons hoofde sal hy na sy heer Saul toe oorloop.
20. Terwyl hy na Siklag trek, het daar uit Manasse na hom oorgeloop: Adnag en Jósabad en Jedíael en Mígael en Jósabad en Elíhu en Sílletai, hoofde van die geslagte van Manasse.
21. En hulle het Dawid gehelp teen die bende, want hulle was almal dapper helde en owerstes in die leër.
22. Want dag vir dag het hulle na Dawid gekom om hom te help, totdat dit ’n groot leër was soos ’n leër van God.
23. EN dít is die getalle van die leërafdelings van die wat vir oorlog gewapen was, wat na Dawid in Hebron gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te bring volgens die bevel van die Here.
24. Die seuns van Juda wat skild en spies gedra het, was sesduisend-agthonderd, gewapend vir oorlog;