1. EN die Filistyne het teen Israel geveg, en die manne van Israel het vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê.
2. En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jónatan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood.
3. En toe die geveg swaar word teen Saul en die boogskutters hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters.