1 Korinthiërs 8:10-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in ’n afgodstempel, sal sy gewete, as hy ’n swak man is, nie aangemoedig word om van die offervleis aan die afgode te eet nie?

11. En moet die swakke broeder vir wie Christus gesterf het, verlore gaan deur jou kennis?

12. Maar deur so teen die broeders te sondig en hulle gewete wat swak is, seer te maak, sondig julle teen Christus.

13. Daarom, as voedsel my broeder laat struikel, sal ek in der ewigheid geen vleis eet nie, om my broeder nie te laat struikel nie.

1 Korinthiërs 8