1 Korinthiërs 6:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DURF iemand van julle wat ’n saak teen ’n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?

2. Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?

3. Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

4. As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.

5. Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?

1 Korinthiërs 6