1 Korinthiërs 15:54-58 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

54. En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning.

55. Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?

56. Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.

57. Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

58. Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

1 Korinthiërs 15