33. Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.
34. Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.
35. Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?
36. Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
37. En wat jy saai — jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ’n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.
38. Maar God gee dit ’n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.