1 Korinthiërs 14:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. JAAG die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.

2. Want hy wat in ’n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.

3. Maar hy wat profeteer, spreek tot die mense woorde van stigting en troos en bemoediging.

1 Korinthiërs 14