Spreuke 8:5-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Julle wat nog ervaring kortkom, moet verstandig word. Dié wat dwaas optree, moet insig ontwikkel.

6. Luister na my. Ek het iets belangriks om te sê.Elke woord uit my mond is opreg.

7. Ek praat die volle waarheid.Vir bedrog het ek nie tyd nie.

8. Alles wat ek sê, is reg.Daar is niks daarin wat krom of verdraai is nie.

9. Hulle wat insig het,weet dat ek reguit praat. Hulle wat na kennis soek, weet wat ek sê, is reg.

10. Aanvaar eerder wat ek julle leer, dit is meer werd as silwer. My kennis is meer werd as goud.

11. Wysheid is baie meer werd as edelstene.Daar is niks wat jy kan begeerwat teen wysheid kan opweeg nie.”

12. “Ek, Wysheid, maak my tuis by dié wat verstand het. Ek weet waar om kennis en onderskeidingsvermoë te bekom.

13. Hulle wat respek het vir die Here, haat dit wat verkeerd is. Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid, ’n verkeerde lewe, en slinkse woorde.

14. Ek besit raad en goeie oordeel. Ek het insig en sterkte.

15. Konings regeer met my hulp. Deur my maak regeerdersdie regte wette.

16. Leiers neem deur my hulp leiding. Deur my maakvooraanstaande mensedie regte uitsprake.

17. Ek het hulle liefwat my liefhet. Hulle wat na my soek, sal my kry.

18. Ek het rykdom en eer, uitsonderlike skatte en geregtigheid.

19. Wat ek gee, is beter as die suiwerste goud. My beloning is beter as die suiwerste silwer.

20. Ek loop die pad van reg en geregtigheid.

21. Ek maak húlle ryk wat my liefhet. Hulle pakkamers maak ek propvol.”

Spreuke 8