Spreuke 6:12-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. ’n Nikswerd mens en ’n mens vol onregverkoop altyd leuens.

13. Hy knipoog vir sy maats, hy beduie met sy voet, hy gee met die vingers tekensvan sy planne.

14. Hy kom altyd met ’n skelmstreek. Hy maak moeilikheid so ver hy gaan.

15. Maar so ’n mens se ondergang kom baie skielik. Hy stort in duie en niks kan hom dan red nie.

16. Daar is ses dinge wat die Here haat, nee, eintlik sewe dinge waarvan Hy ’n afsku het:

17. oë vol hoogmoed, ’n tong wat lieg, hande wat onskuldiges doodmaak,

18. ’n hart wat slegte planne beraam, voete wat agter kwaad aanloop,

19. ’n vals getuie wat leuens verkoop, en iemandwat rusie veroorsaak tussen broers.

20. My seun, gehoorsaam wat jou pa jou leer. Moenie reëls wat jou ma vir jou gee, ignoreer nie.

21. Bewaar dit altyd in jou hart. Dra dit om jou nek.

22. Waarheen jy ook al op pad is, dit sal vir jou die koers aandui. Dit sal jou beskerm wanneer jy slaap. Dit sal jou wys wat jy moet doen sodra jy wakker word.

23. My opdragte is soos ’n lamp vir jou. My reëls is vir jou ’n lig. Vir die een wat hom laat dissiplineer, is dit die pad na die lewe.

24. Hierdie reëls sal jou beskerm teen die onsedelike vrou, teen die vreemde vrou wat jou wil verlei met haar gladde tong.

25. Moenie opgewonde raak omdat sy mooi is nie. Moenie dat sy jou vang met die gefladder van haar wimpers nie.

Spreuke 6