5. Haar pad lei na die dood. Elke tree saam met haar is ’n tree nader aan die graf.
6. Sy gee niks om of jy reg lewe nie.Sy loop met jou ’n koers wat sy self nie eers weet waarheen dit gaan nie.
7. My seuns, luister na my. Moenie afdwaal van my woorde nie.
8. Bly ver weg van hierdie vrou.Kom nie naby haar huis se deur nie.
9. Jy gaan jou lewenskrag aan ander afstaan. Jy gaan jou beste jare op ’n hartelose mens vermors.
10. Buitelanders sal die voordeelvan jou besittings geniet. Jou swaar verdiende inkomste sal in die huis van vreemdes beland.
11. Jy gaan teen die einde van jou lewe lê en kreun wanneer jou liggaam verteer word.
12. Jy gaan jouself verwyt: “Ek wou nie luister na vermaning en my steur aan teregwysing nie.
13. Waarom het ek nie liewer geluister na wat my leermeesters gesê het nie? Waarom het ek nie my ore oopgemaak toe hulle my geleer het nie?
14. Amper het ek geheel en al in slegtigheid verval, voor die oë van die hele samelewing.”
15. Drink die water uit jou eie put. Drink by jou eie fontein.
16. Moet jou fonteine in die strate uitloop? Moet jou water die pleine oorstroom?
17. Hou jou water vir jouself. Deel dit nie met vreemdelinge nie.
18. Laat jou eie fontein vir jou tot seën wees. Geniet jou eie jong vrou.
19. Sy is die bokkie wat jy liefhet. Laat haar borste vir jou vreugde gee. Laat haar liefkosings jou die hele tyd oorweldig.
20. My seun, waarom sou jy meegevoer raak deur ’n slegte vrou? Waarom sou jy liefde by ’n vreemde vrou gaan soek?