1. My seun, slaan ag op my wysheid. Dink goed na oor my raad.
2. Dan sal jy self ook goeie oordeel aan die dag kan lê. Jy sal met gesag kan praat.
3. Die onsedelike vrou kom met soet woordjies. Haar tong is gladder as olie.
4. Die einde daarvan is egter so bitter soos gif. Sy is so gevaarlik soos ’n tweesnydende swaard.
5. Haar pad lei na die dood. Elke tree saam met haar is ’n tree nader aan die graf.
6. Sy gee niks om of jy reg lewe nie.Sy loop met jou ’n koers wat sy self nie eers weet waarheen dit gaan nie.
7. My seuns, luister na my. Moenie afdwaal van my woorde nie.
8. Bly ver weg van hierdie vrou.Kom nie naby haar huis se deur nie.
9. Jy gaan jou lewenskrag aan ander afstaan. Jy gaan jou beste jare op ’n hartelose mens vermors.
10. Buitelanders sal die voordeelvan jou besittings geniet. Jou swaar verdiende inkomste sal in die huis van vreemdes beland.