Spreuke 31:25-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Sy het innerlike krag en waardigheid. Sy is nie bekommerd oor die toekoms nie.

26. Sy praat met wysheid, sy gee raad saam met liefde.

27. Sy hou toesig oor alles wat in haar huis gebeur. Sy verdra nie luiheid nie.

28. Haar kinders staan open prys haar. Haar man spog met haar:

29. “Daar is baie knap vroue, maar jy is die beste van almal!”

30. Skoonheid is soms misleidend. ’n Mooi voorkoms hou nie vir altyd nie. ’n Vrou wat ontsag het vir die Hereverdien om geprys te word.

31. Gee vir haar die waardering wat sy verdien. Laat sy erkenning geniet in die stadspoortop grond van alles wat sy gedoen het.

Spreuke 31