Spreuke 31:22-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. Sy maak vir haarself dekens. Sy dra goeie klere van linne en wol.

23. Almal in die poortken haar man. Hy dien op die raad van die leiers van die land.

24. Sy verkoop die klere wat sy maaken voorsien handelaars van gordels.

25. Sy het innerlike krag en waardigheid. Sy is nie bekommerd oor die toekoms nie.

26. Sy praat met wysheid, sy gee raad saam met liefde.

27. Sy hou toesig oor alles wat in haar huis gebeur. Sy verdra nie luiheid nie.

28. Haar kinders staan open prys haar. Haar man spog met haar:

29. “Daar is baie knap vroue, maar jy is die beste van almal!”

30. Skoonheid is soms misleidend. ’n Mooi voorkoms hou nie vir altyd nie. ’n Vrou wat ontsag het vir die Hereverdien om geprys te word.

Spreuke 31