Spreuke 3:15-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Wysheid het meer waarde as edelstene. Niks wat jy ooit kan begeer,vergelyk daarmee nie.

16. Met die een hand gee wysheid ’n lang lewe. Met die ander hand rykdom en eer.

17. Wysheid maak ’n mens gelukkig. Wie dit volg, beleef vrede.

18. Vir dié wat daaraan vashou, is dit ’n boom van die lewe. Hulle wat daarop steun, is geseënd.

Spreuke 3