Spreuke 3:13-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Die mens wat wysheid kry, is gelukkig. Dit gaan goed met die mens wat insig kry.

14. Wysheid het meer voordele as geld.Haar beloning is meer werd as goud.

15. Wysheid het meer waarde as edelstene. Niks wat jy ooit kan begeer,vergelyk daarmee nie.

16. Met die een hand gee wysheid ’n lang lewe. Met die ander hand rykdom en eer.

Spreuke 3