11. My seun, moenie dit verontagsaam wanneer die Herejou reghelp nie. Moenie jou verset wanneer Hy jou teregwys nie.
12. Die Here bestraf immershulle wat Hy liefhet net soos ’n pa sy seun teregwys.
13. Die mens wat wysheid kry, is gelukkig. Dit gaan goed met die mens wat insig kry.
14. Wysheid het meer voordele as geld.Haar beloning is meer werd as goud.
15. Wysheid het meer waarde as edelstene. Niks wat jy ooit kan begeer,vergelyk daarmee nie.
16. Met die een hand gee wysheid ’n lang lewe. Met die ander hand rykdom en eer.
17. Wysheid maak ’n mens gelukkig. Wie dit volg, beleef vrede.
18. Vir dié wat daaraan vashou, is dit ’n boom van die lewe. Hulle wat daarop steun, is geseënd.
19. Die Here het die aarde met wysheid op sy plek neergesit, met insig die hemel oopgespan.
20. Deur sy kennis hetwater uit die diep fonteine geborrelen het daar reën uit die wolke geval.
21. My seun, moenie takt en oorleg uit die oog verloor nie. Hou altyd daaraan vas.
22. Dit sal jou lewe verryk en eer en agting vir jou bring.
23. Jou pad sal veilig wees. Jy sal nie struikel nie.
24. Jy sal kan gaan slaap sonder om bang te wees. Jy sal rustig kan bly slaap.