Spreuke 28:22-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. ’n Geldgierige wil vinnig ryk word. Ongelukkig weet hy nie dat hy gebrek gaan ly nie.

23. Die een wat ander berispe, kry op die einde eerder waardering as die persoon wat ander vlei.

24. Iemand wat sy ouers besteel en dan nog sê: “Ek doen niks verkeerds nie,” is so goed as ’n moordenaar.

25. ’n Gierige persoonveroorsaak rusie. Wie op die Here vertrou, sal voorspoed ervaar.

26. Wie op sy eie insig vertrou, is ’n dwaas. Wie hom deur wysheid laat lei, word bevry.

27. Hy wat iets geevir ’n arm menssal self nooit iets kortkom nie. Iemand wat sy oë vir hulle sluit, sal vervloek wees.

Spreuke 28