Spreuke 26:17-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Om sommer in die verbygaan in te meng in ander mense se rusie is soos om ’n kwaai hond sommer aan sy ore te gryp.

18. Soos ’n kranksinnige watdodelike wapens afvuur,

19. so is iemand wat ander bedriegen sê: “Ek het net ’n grappie gemaak.”

20. Soos ’n vuur uitbrand as jy nie hout opgooi nie,so hou ’n rusie opas daar nie skinderpraatjies is nie.

21. ’n Bakleierige mens veroorsaak rusies, net soos gloeiende kole ’n vuur laat opvlam en soos droë hout ’n vuur laat vlam vat.

22. Na skinderstoriesluister mense graag,maar dit word maklikdeel van jou lewe.

23. Glasuur oor ’n potskerf, so is vleiende woorde wat uit ’n bose hart kom.

24. Iemand wat in sy hart haaten bedrog koester,steek dit weg agter sy woorde.

25. Wanneer so iemand mooi dinge sê, moet jy dit glad nie glo nie. Hy is vol bose bedoelings.

Spreuke 26