Spreuke 23:13-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Moenie bang wees om jou kind te dissiplineer nie. Hy sal nie doodgaan van ’n pak slae nie.

14. As jy hom wil red van die dood, moet jy hom juis lyfstraf gee.

15. Ek sal baie bly wees, my kind, as jy ook ’n wyse mens word.

16. Ek sal in my hart juig wanneer jy reg praat.

17. Moenie jaloers word op sondaars nie. Behou altyd jou ontsag vir die Here.

18. Jy sal altyd ’n toekoms hê. Jou hoop sal nooit beskaam word nie.

19. My kind, luister na my, dat jy wys kan word. Hou jou hart op die regte koers.

20. Jy moenie jou tyd verspil op suiplappe en vrate nie.

21. Die dronklap en die vraat maak hulleself arm. Die roes van dronkenskap laat hulle in vodde loop.

Spreuke 23