Spreuke 21:2-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. ’n Mens dink dalkalles wat hy doen, is reg. Die Here besluit egter oor die bedoeling daaragter.

3. Die Here hou meer daarvan dat iemand reg doen en regverdig optree as dat hy offers vir Hom bring.

4. Hovaardige oë en hoogmoedige harte is ’n kenmerk van goddeloses, dit is hulle sonde.

5. Getroue werk lewer wins op. Afskeepwerk lei tot gebrek.

6. Skatte met leuens verwerf, beteken niks en bring net die dood.

7. Die geweld van goddeloses sleur hulle mee. Hulle weier mos om te doen wat reg is.

8. ’n Skuldige mens loop kronkelpaaie. ’n Mens wat opreg is, loop ’n reguit pad.

Spreuke 21