9. As jy aanvaar wat ek vir jou sê, sal jy insig hê in wat regverdig, reg en billik is. Jy sal op die goeie pad bly.
10. Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis.
11. Oordeelkundigheid sal jou beskerm,verstandigheid sal na jou omsien.
12. Dit sal jou weerhou van ’n verkeerde lewenswyse. Dit sal jou weghou van mense wat besig is met verkeerde dinge.
13. Hulle is die mense wat afdwaal van die regte paaie om op donker paaie te gaan loop.
14. Hulle hou daarvan om te doen wat sleg is. Hulle juig oor verkeerde dinge.