11. ’n Verstandige mens hou sy humeur in bedwang.Hy stel sy eer daarin om ander se oortredings oor te sien.
12. As ’n koning kwaad word, is dit soos ’n leeu wat brul. Sy goeie gesindheid is soos dou op die gras.
13. ’n Dwase seun is ’n ramp vir sy pa. ’n Vrou wat bly neul, is soos water wat van die dak af drup.
14. Van sy pa kan iemand ’n huis of rykdom erf,’n verstandige vrou kry jy net by die Here.
15. Luiheid laat jou diep slaap. ’n Lui mens ly honger.
16. Iemand wat vashou aan die gebod van die Here, sal sy lewe behou. Iemand wat dit verag, gaan dood.
17. Om na ’n arm mens om te sien, is ’n lening aan die Here. Hy sal jou daarvoor vergoed.
18. Voed jou seun streng op, dan is daar ’n toekoms. Moenie jou te buite gaan en hom skade aandoen nie.
19. ’n Humeurige mens betaal self die prys daarvoor. As jy hom eers een keer oorsien, moet jy dit elke keer herhaal.
20. Luister na raad. Wees bereid om tereggewys te word sodat jy die res van jou lewe daardeur wysheid kan hê.
21. ’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het.
22. ’n Mens se lojaliteitis prysenswaardig. Dit is beter om arm te bly as om te bedrieg.
23. Iemand wat respek het vir die Herese lewe is veilig. Hy kan rustig slaap. Geen ramp sal hom tref nie.
24. ’n Luiaard steek sy hand in die skottel, maar hy is te lui om dit na sy mond te bring.