5. Dit is verkeerd vir ’n regter om partydig te weesvir die skuldige, deur teen die onskuldige uitspraak te lewer.
6. ’n Dwase mens praat hom alewig in ’n rusie in;hy soek vir ’n pak slae met wat hy sê.
7. ’n Dwaas se mond is sy ondergang. Met sy woordestel hy vir homself ’n noodlottige strik.
8. Skinderstories is so soet soos lekkernye, dit sink tot diep in jou gemoed.
9. Iemand wat lui is in sy werk, is die tweelingbroer van die verwoester.
10. Die Naam van die Hereis soos ’n veilige fort. Die regverdige gaan skuil daar en word beskerm.
11. Die ryk man beskou sy rykdom as ’n ondeurdringbare vesting. In sy verbeelding is dit ’n hoë muur waaragter hy beskerm word.
12. Op selfverheffing volg ineenstorting.Op nederigheidvolg eer.
13. Iemand wat ’n antwoord gee voor hy die vraag gehoor het, is dwaas. Skande wag vir hom.
14. Innerlike sterkte dra ’n mensdeur sy liggaamlike siekte. Hoe kan iemand egter uithou as hy moed verloor het?
15. ’n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop vir nog meer kennis.
16. ’n Geskenk maak ander se harte oop vir jou. Dit maak belangrike mense toeganklik vir jou.
17. Hy wat eerste praat in ’n regsaak, lyk altyd onskuldig. Eers by kruisondervraging kom die waarheid uit.
18. Rusies kan besleg word deur die lot te werp.Dit kan beslissings vel tussen twee sterk teenstanders.
19. ’n Verontregte broeris meer ontoeganklikas ’n gewapende stad; ’n rusie is soos die balk wat deure toesluit.