Spreuke 18:2-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. ’n Dwaas het geen erg aan insig nie. Hy stel net daarin belang om sy eie opinie bekend te maak.

3. Waar goddeloosheid sy voet by die deur inkry, kom minagting daarmee saam. Saam met die belediging kom ook die skande.

4. ’n Man se woorde kan diep waters wees, ’n borrelende fontein waaruit wysheid vloei.

5. Dit is verkeerd vir ’n regter om partydig te weesvir die skuldige, deur teen die onskuldige uitspraak te lewer.

6. ’n Dwase mens praat hom alewig in ’n rusie in;hy soek vir ’n pak slae met wat hy sê.

7. ’n Dwaas se mond is sy ondergang. Met sy woordestel hy vir homself ’n noodlottige strik.

Spreuke 18