Spreuke 18:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. ’n Mens wat hom eenkant hou, lewe net vir homself.Hy het ’n afkeer aan gesonde oordeel.

2. ’n Dwaas het geen erg aan insig nie. Hy stel net daarin belang om sy eie opinie bekend te maak.

3. Waar goddeloosheid sy voet by die deur inkry, kom minagting daarmee saam. Saam met die belediging kom ook die skande.

4. ’n Man se woorde kan diep waters wees, ’n borrelende fontein waaruit wysheid vloei.

5. Dit is verkeerd vir ’n regter om partydig te weesvir die skuldige, deur teen die onskuldige uitspraak te lewer.

Spreuke 18