Spreuke 17:23-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. ’n Goddelose mens aanvaar omkoopgeskenkeen verdraai so die reg.

24. ’n Verstandige mens hou wysheid goed in die oog. ’n Dwase mens se gedagtes dwaal doelloos rond.

25. ’n Onverstandige seun is vir sy pa ’n ergernis. Vir sy ma is hy ’n bitter verdriet.

26. Dis verkeerd om ’n onskuldige’n boete op te lê, of om ’n persoon van aansien te straf omdat hy eerlik is.

27. Iemand wat kennis het, praat nie baie nie. Iemand met insig bly kalm.

28. Wanneer ’n dwaas stilbly, kan dit lyk of hy wys is;en as hy sy mond toehou, lyk hy soos iemand met insig.

Spreuke 17