Spreuke 15:22-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. Sonder beplanningloop planne skeef. Sukses is afhanklik van baie raadgewers.

23. Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê.Wat is beter as die regte woord op die regte tyd?

24. Die lewenspad van ’n verstandige mens loop boontoe.Dit stuur weg van die doderyk daar onder.

25. Die Here vernietig die hoogmoedige se huis. Hy beskerm die grondgebied van die weduwee.

Spreuke 15