Spreuke 14:1-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. ’n Verstandige vrou bevorder die belange van haar huis. ’n Dwase vrou is self verantwoordelik vir die agteruitgang van haar huis.

2. Die persoon wat opreg lewe, het respek vir die Here. Die een wat draaie loop, het nie eerbied vir Hom nie.

3. Die verwaande se woorde sny ’n lat vir homself. Die woorde van wyse mense beskerm hulle.

4. As daar nie vee is nie, is die voerkrip wel skoon; maar sonder ’n sterk osis daar ook nie ’n oes nie.

5. ’n Betroubare getuie lieg nie. ’n Vals getuie loop oor van leuens.

6. Al soek ’n spotter na wysheid, sal hy dit nooit kry nie. ’n Verstandige mens versamel maklik kennis.

7. Vermy ’n dwase mens. By hom sal jy niks kan leer nie.

8. Die wysheid van ’n verstandige mensleer hom om sy lewe te verstaan. Die dwaasheid van ’n dwase mens mislei hom.

9. Dwase spot oor skuldoffers. Dié wat opreg lewe, ervaar versoening.

10. Net ’n mens self verstaan die bitterheid in sy hart. Niemand anders kan sy vreugde voluit deel nie.

11. Die goddelose se nageslag sterf almal uit. Die opregtes het ’n groot nageslag.

12. Dit lyk dalk vir iemand of hy die regte ding doen; agterna kom dit uit dat dit na die dood gelei het.

13. Lag kan hartseer wegsteek; as die vrolikheid verby is, bly die verdriet nog agter.

14. ’n Onbetroubare menskry sy verdiende loon. ’n Goeie mens pluk die vrugte van sy goedheid.

Spreuke 14