Spreuke 12:21-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Die regverdige spring probleme vry. Die goddeloses se lewe is vol rampe.

22. Die Here verafsku mense wat hulle woord breek. Hy hou van mense wat by hulle woord staan.

23. ’n Verstandige mens bly stil oor sy kennis.Dwase basuin hulle onkunde uit.

24. Dié wat pligsgetrou werk, word leiers; lui mense word slawe.

25. Bekommernis rem ’n mens af; bemoedigende woorde maak hom bly.

Spreuke 12