1. Iemand wat bereid is om reggehelp te word, leer graag. Dit is dom as iemand hom nie wil laat teregwys nie.
2. Die Here hou van ’n mens wat goeddoen. Hy het nie tyd vir ’n slinkse mens nie.
3. Iemand wat verkeerd lewe, het nie vastigheid nie. Iemand wat regverdig lewe, is stewig geanker.
4. ’n Goeie vrou is haar man se trots. Een wat skande maak, is soos kanker in sy bene.
5. Die planne van die regverdiges is reg. Die raad van goddeloses is vol bedrog.
6. Wat goddelose mense sê, is ’n lokval vir ander. Opregte mense se woorde red hulleself.
7. Goddeloses kom tot ’n val en dit is verby met hulle. Die nageslag van regverdiges bly voortbestaan.
8. Mense bewonder iemand wat verstandige dinge sê. Hulle verag iemand wat verdraaide idees het.
9. Dit is beter om onbelangrik te wees en ’n slaaf te hê, as om vol van jouself te wees en nie eers kos te hê om te eet nie.
10. Die regverdige gee om vir sy diere,maar ’n goddelose mensis altyd baie wreed met hulle.