6. Die betroubaarheid van eerlike mense sal hulle red.Onbetroubare mense se eie gierigheid sal hulle inhaal.
7. ’n Slegte mens gaan dood saam met alles wat hy begeer het. Sy verwagtings was net op sy eie mag gebou.
8. God bevry die regverdige uit sy nood; Hy laat goddeloses in daardie nood verval.
9. Goddeloses vernietig mense met hulle woorde. Dié wat reg lewe, worddeur hulle kennis gered.
10. ’n Stad juig oor die voorspoed van die regverdiges. Dit jubel as goddelose mense te gronde gaan.
11. As opregte mense ’n stad prys, bring dit voorspoed vir die stad. Die woorde van goddeloses laat dit agteruitgaan.
12. Om neerhalend van ander te praat, getuig van dwaasheid. ’n Verstandige mens sal eerder stilbly.
13. ’n Geskinder lap geheime uit; betroubare mense bewaar geheime.
14. Sonder goeie leiding stort ’n volk in duie; dit is veilig om baie raadgewers te hê.
15. Dit is gevaarlik om vir ’n vreemdeling borg te staan;dit is veiliger om daarvoor nee te sê.
16. ’n Deugsame vrou verdien agting. Gewelddadiges jaag na rykdom.
17. ’n Mens wat vrygewig is, baat self daarby. ’n Wrede mens vernietig homself.