Sefanja 2:9-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. “Daarom,” sê die Here, die Almagtige, die God van Israel,“sowaar as wat Ek lewe,Moab sal word soos Sodomen Ammon soos Gomorra.Hulle lande sal vol onkruiden soutpanne wees,’n woesteny vir altyd.Dié van my volk wat oorleef het,sal hulle beroof.Die oorblyfsel van my volksal hulle land inneem.”

10. Dit is wat hulle kryin ruil vir hulle verwaandheid,want hulle het my volk verkleineeren beledig,sê die Here, die Almagtige.

11. Vir hulle sal die Here’n verskrikking wees,want al die gode in die landvernietig Hy.Mense uit alle dele van die wêreld,elkeen in hulle eie land,sal voor Hom neerbuig en Hom aanbid.

12. “Kussiete,” sê die Here, “ook jullesal Ek doodmaak met my swaard.”

Sefanja 2