Sefanja 2:10-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Dit is wat hulle kryin ruil vir hulle verwaandheid,want hulle het my volk verkleineeren beledig,sê die Here, die Almagtige.

11. Vir hulle sal die Here’n verskrikking wees,want al die gode in die landvernietig Hy.Mense uit alle dele van die wêreld,elkeen in hulle eie land,sal voor Hom neerbuig en Hom aanbid.

12. “Kussiete,” sê die Here, “ook jullesal Ek doodmaak met my swaard.”

13. Hy sal die lande in die noorde tref:Assirië sal Hy vernietigen Nineve ’n verlate plek maak,dor soos die woestyn.

14. Skape sal daar lê,en diere van allerlei soorte.Uile van verskeie spesiessal slaap op die murasies.Deur die oop vensterssal hulle geroep weergalm.Bourommel sal die ingange versperen die sederhout sal ontbloot word.

15. Dit is die lot van hierdie stadwat so sorgvry woon.“Nêrens in die wêreld,”het die stad geroem en gesê,“is daar ’n stad soos hierdie een nie!”Maar kyk, dit het ’n puinhoop geword,’n lêplek vir wilde diere!Verbygangers sal fluit van verbasing,hulle hande in ongeloof saamslaan.

Sefanja 2