9. “Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: Oordeel regverdig en eerlik in regsake, wees liefdevol en simpatiek met mekaar.
10. Moenie die weduwees, die weeskinders, die vreemdelinge en die armes verdruk nie. Moenie bose planne teen mekaar beplan nie.
11. “Julle voorouers wou nie na hierdie boodskap luister nie. Hulle het hardkoppig weggedraai en hulle vingers in hulle ore gedruk om nie te hoor nie.