Sagaria 7:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Op 7 Desember in die vierde jaar van koning Darius se regering, het daar nog ’n boodskap van die Here aan Sagaria gekom.

2. Die mense van Bet-El het vir Sar-Eser en Regem-Melek en sy manne gestuur om die Here om genade te smeek.

3. Hulle moes die volgende vraag aan die profete en die priesters by die tempel van die Here, die Almagtige, vra: “Moet ons voortgaan om in die vyfde maand te huil en te vas soos ons nou al vir baie jare doen?”

Sagaria 7