Sagaria 2:6-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Die Here sê: “Kom weg! Vlug uit die noorde! Ek het julle oor die hele aarde verstrooi.

7. Kom weg! Vlug na Jerusalem, julle wat in Babilon in ballingskap was!”

8. Na ’n tyd van eer het die Here, die Almagtige, my na die nasies wat jou verdruk het, gestuur. Hy het gesê: “Enigiemand wat julle seermaak, beseer my kosbaarste besitting.

9. Ek sal my vuis oplig om hulle te vernietig en hulle eie slawe sal hulle plunder.” Dan sal julle weet dat die Here, die Almagtige, my gestuur het.

10. Die Here sê: “Sing en juig, o Jerusalem, want Ek kom tussen julle woon.

Sagaria 2