Sagaria 2:4-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Die ander engel het gesê: “Maak gou en sê vir daardie jong man: ‘Jerusalem sal eendag so vol mense wees dat daar nie genoeg plek vir almal sal wees nie! Baie sal met hulle diere buite die stadsmure leef en tog veilig wees.

5. Ek sal self ’n muur van vuur rondom Jerusalem wees, sê die Here. Ek sal die heerlikheid binne die stad wees!’”

6. Die Here sê: “Kom weg! Vlug uit die noorde! Ek het julle oor die hele aarde verstrooi.

7. Kom weg! Vlug na Jerusalem, julle wat in Babilon in ballingskap was!”

8. Na ’n tyd van eer het die Here, die Almagtige, my na die nasies wat jou verdruk het, gestuur. Hy het gesê: “Enigiemand wat julle seermaak, beseer my kosbaarste besitting.

Sagaria 2