2. “Waarheen is u op pad?” het ek gevra. Hy het geantwoord: “Ek gaan Jerusalem opmeet om te kyk wat sy lengte en breedte is.”
3. Die engel by my het gegaan om ’n tweede engel wat na hom toe kom, te ontmoet.
4. Die ander engel het gesê: “Maak gou en sê vir daardie jong man: ‘Jerusalem sal eendag so vol mense wees dat daar nie genoeg plek vir almal sal wees nie! Baie sal met hulle diere buite die stadsmure leef en tog veilig wees.
5. Ek sal self ’n muur van vuur rondom Jerusalem wees, sê die Here. Ek sal die heerlikheid binne die stad wees!’”
6. Die Here sê: “Kom weg! Vlug uit die noorde! Ek het julle oor die hele aarde verstrooi.