Rut 2:21-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Rut vertel toe verder: “Boas het boonop vir my gesê om weer terug te kom en by sy werkers te bly totdat die hele oes ingesamel is.”

22. “Dis wonderlik!” roep Naomi uit. “Maak soos hy vir jou sê. Bly by sy werkers vir die duur van die oestyd. Daar sal jy veilig wees, maar op ’n ander land kan jy dalk gemolesteer word.”

23. So het Rut saam met die werkers tot die einde van die garsoes en die graanoes gebly en op Boas se landerye are opgetel. Sy het steeds by haar skoonma gewoon.

Rut 2