18. Sy het dit opgetel en saamgeneem dorp toe. Haar skoonma het gesien hoe baie sy opgetel het. Rut het ook van die kos wat oorgebly het, vir haar gegee.
19. “Waar het jy vandag are opgetel?” vra Naomi haar toe. “Mag die Here die een seën wat jou gehelp het!”Rut vertel toe vir haar skoonma van die man op wie se landerye sy gewerk het. Sy sê verder: “Die man op wie se landerye ek vandag gewerk het se naam is Boas.”
20. “Mag hy geseënd wees deur die Here wat nie opgehou het om getrou te wees aan dié wat lewe en dié wat dood is nie!” sê Naomi vir haar skoondogter. Sy voeg by: “Daardie man is familie van ons. Hy is een van ons lossers.”