13. “U laat my goed voel, Meneer,” antwoord sy. “U het my bemoedig deur so vriendelik met my te praat al is ek nie eers een van u slavinne nie.”
14. Teen etenstyd laat roep Boas haar: “Kom hiernatoe en eet van ons brood en doop dit in die suur wyn.” Sy het toe saam met die werkers gaan sit. Boas het vir haar geroosterde koring gegee – meer as wat sy kon eet.
15. Toe Rut weg is om weer te gaan are optel, sê Boas vir sy werkers: “Julle moet haar toelaat om are tussen die gerwe op te tel sonder dat sy gepla word.
16. Trek ook van die are uit die gerwe uit en laat dit met opset op die grond val sodat sy dit kan optel. Moenie haar keer om dit op te tel nie.”