13. sal julle kan wag totdat hulle groot is? Sal julle tot dan toe ongetroud kan bly? Natuurlik nie, my dogters! Dit is vir my baie swaarder as vir julle, want die Here het baie swaarkry oor my laat kom.”
14. Die skoondogters het weer begin huil. Orpa het van haar skoonma afskeid geneem, maar Rut wou nie gaan nie.
15. “Kyk,” sê Naomi vir haar, “jou skoonsuster het teruggegaan na haar mense en na haar gode toe. Gaan jy nou ook maar saam met haar terug.”
16. Maar Rut antwoord: “Moenie my probeer oorreed om van Ma af weg te gaan nie. Waarheen u ook al gaan, sal ek gaan. Waar u gaan woon, sal ek ook woon. Ma se mense is ook my mense.U God is ook my God.
17. Waar u doodgaan,sal ek ook doodgaanen daar begrawe word. Mag die Here dit so laat gebeur. Net die dood ons sal skei.”