Romeine 7:22-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

22. Ek verheug my immers in my diepste wese in die wet van God.

23. Tog vind ek ’n ander wet in my binneste wat oorlog maak teen die wet van my gees en my ’n gevangene maak van die wet van die sonde wat nog in my is.

24. Arme ek! Wie sal my uit hierdie doodstoestand red?

25. Die antwoord hierop is: Jesus Christus ons Here, en daarvoor dank ek God!Die saak staan dus so: Met my gees wil ek die wet van God gehoorsaam, maar as gevolg van my sondige natuur gehoorsaam ek die wet van die sonde.

Romeine 7