Psalms 96:6-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Heerlikheid en majesteit is voor Hom;krag en glans is in sy heiligdom.

7. Erken die Here,geslagte van die aarde,erken die Herevir sy heerlikheid en mag.

8. Erken die Herevir die roem van sy Naam!Bring offers vir Homen kom na sy voorhowe.

9. Aanbid die Herein sy heilige glans.Laat die hele aarde voor Hom bewe.

10. Vertel aan die nasies:“Die Here regeer!Die wêreld staan vasen sal nie wankel nie.”Sy oordeel oor volke is regverdig.

11. Laat die hemele verheug wees,laat die aarde bly wees.Laat die see druis en ook alles daarin.

12. Laat die velde jubelen alles daarop!Laat die bome van die bos juig

13. voor die Here.Want die Here kom!Hy kom om die aarde te oordeel.Hy sal die wêreld oordeelmet regverdigheid,en die nasies met sy betroubaarheid.

Psalms 96