1. Kom, laat ons sing tot eer van die Here!Laat ons juigoor die rots van ons redding!
2. Laat ons met lofsange voor Hom kom,Hom met lofliedere besing,
3. want die Here is ’n groot God,die groot Koning bo alle gode.
4. Die dieptes van die aardeis in sy hand,selfs die toppe van die berge is Syne.
5. Die see is Syne; Hy het dit gemaak.Sy hande het die droë grond gevorm.