Psalms 94:16-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Wie beskerm my teen goddeloses?Wie staan my by teen boosdoeners?

17. As die Heremy nie gehelp het nie,was die stilte van die graf my lot.

18. Toe ek sê: “My voet gly!”het u trou my ondersteun, Here.

19. Wanneer twyfel my oorweldig,het u troos my verbly.

20. Kan ’n bose regeerderaan U verbind wees,iemand wie se wette ellende bring?

21. Hulle span saam teen regverdiges,veroordeel onskuldiges tot die dood.

Psalms 94