Psalms 94:12-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

12. Geseënd is hullevir wie U vermaan, Here,vir wie U uit u gebooie onderrig.

13. U gee hom verligting in moeilike tye,maar vir die goddelose wag ’n graf.

14. Die Here sal sy volk sekerlik nie verlaat nie,en sy erfdeel nie laat vaar nie.

15. Regspraak sal komvir die regverdigesen al die opregtessal dit soek.

16. Wie beskerm my teen goddeloses?Wie staan my by teen boosdoeners?

17. As die Heremy nie gehelp het nie,was die stilte van die graf my lot.

18. Toe ek sê: “My voet gly!”het u trou my ondersteun, Here.

19. Wanneer twyfel my oorweldig,het u troos my verbly.

20. Kan ’n bose regeerderaan U verbind wees,iemand wie se wette ellende bring?

21. Hulle span saam teen regverdiges,veroordeel onskuldiges tot die dood.

22. Maar die Here is my toevlug;my God is ’n rots waar ek kan skuil.

23. Hy sal hulle sondes vergeld,hulle vernietig oor hulle boosheid.Die Here ons God sal hulle uitwis.

Psalms 94